
Maklike toegang
’n Lang plaas met sewe hekke beteken tot 28 keer in en uit die bakkie. Die Rietkuil Beeswagter is modulêr: maak hom so wyd en so lank as wat jy nodig het, ry deur, en die beeste bly binne.

Ons is Hoëveld-boere naby Villiers in die Noord-Vrystaat wat weet hoeveel tyd en moeite dit verg om hekke voortdurend oop en toe te maak – en watter verskuilde risiko’s daarmee saamgaan. Daarom is Rietkuil Beeswagter ontwikkel: ’n praktiese en koste-effektiewe oplossing, deur ’n boer vir boere.
Ons modulêre beton-beeswagter maak plaasverkeer makliker deur voertuie vrye toegang te gee, terwyl vee veilig binne bly – minder hekke, minder moeite en meer tyd vir wat regtig saak maak. Met ons Beeswagter-gietvorms kan jy die oplossing self toepas, saam met jou buurman of Boerevereniging daarin belê en dit aan lede verhuur, of selfs jou eie besigheid begin deur Beeswagters in jou gebied te giet en te verkoop.
Kontak ons
’n Lang plaas met sewe hekke beteken tot 28 keer in en uit die bakkie. Die Rietkuil Beeswagter is modulêr: maak hom so wyd en so lank as wat jy nodig het, ry deur, en die beeste bly binne.

Anders as ’n staal-motor hek wat roes en in ’n gat in die grond sit, lê hierdie betonstuk bo-op die grond. Die kante is oop, so hy spoel nie toe nie – en as grond ophoop, spuit jy hom net skoon.

Hy sit bo-op die grond – geen gat wat toespoel nie. Met die bakkie voel hy glad. Die beeste bly binne, en jy kan hom ook vir quad-bikes of as ’n laagwaterbruggie oor ’n vlei gebruik.
Die gietvorm word aangekoop, waarna die beton-eenhede self gegiet kan word soos nodig. Die mengsel is eenvoudig: een deel sement, twee dele sand en twee dele klip.
’n Kort betonvibreerder word gebruik om lugborrels uit die mengsel te verwyder. Die gietstuk kan na behoefte versterk word – selfs ou ysterpale kan hiervoor gebruik word.
Laat die gietstuk vir drie dae in die gietvorm staan voordat dit verwyder word.
Daarna word dit vir ongeveer drie weke in water gedompel sodat die beton
behoorlik kan uithard.
Vir installasie word die grond gelykgemaak en goed vasgestamp, waarna die eenhede direk op die voorbereide oppervlak geplaas word. ’n TLB of vurkhyser kan gebruik word om die eenhede op te lig en in posisie te plaas.

Sit die wapening in die gietvorm.
Die gietvorm is modulêr – jy maak die beeswagter so wyd en so lank as wat
jy nodig het.

Meng 1-2-2 (sement, sand, klip), giet en vibreer die bottels uit. Na drie dae in die gietvorm haal jy die gietstuk uit.

Dompel hom drie weke in water om te cure. Daarna sit jy hom op gelyk, vasgestampte grond – geen gat wat toespoel nie.
Dit is ’n modulêre beton-beeswagter (cattle grid) wat voertuie vrye toegang gee terwyl vee veilig in die kamp bly. Jy ry oor hom – jy maak nie ’n hek oop en toe nie. Dit is ontwikkel deur Hoëveld-boere naby Villiers in die Noord-Vrystaat, vir boere.
Staal roes. Beton het ’n baie langer leeftyd. ’n Gewone motor hek sit in ’n gat in die grond, spoel toe, reën vol water, en klein diertjies val daarin. Die Rietkuil-stuk sit bo-op die grond en die kante is oop.
Nee. Hy is oop aan die kante, so grond en water loop uit. As hy tog volgrond raak, spuit jy hom met die firefighter skoon. Onderhoud is min.
Maak die grond gelyk, stamp ’n bietjie vas, en sit die gietstukke bo-op neer. In die gietstuk is daar spasie om hom met ’n TLB of vurkhyser op te lig. Geen diep gat of ingewikkelde fondament nie.
Ja. Die gietvorm maak dit moontlik om self te giet, of saam met ’n buurman of boerevereniging. Mengsel: een sement, twee sand, twee klip (1-2-2), met ’n kort betonvibreerder vir lugborrels en wapening soos jy wil – selfs ou ysterpale. Los hom drie dae in die gietvorm, daarna drie weke in water om te cure.
Glad – nie ’n hobbelrige motorruk-gevoel nie. Jy stop nie meer by hekke nie, selfs nie in die koue nie. Hy kan ook vir toerisme, quad bikes of as ’n laagwaterbruggie oor ’n vlei of spruit werk.
Vul die vorm hieronder in met jou besonderhede, hoeveelheid en aflewering. Prys: R6 000 per gietvorm, BTW en aflewering uitgesluit. Jy kies selflaai of koerier. Ons stuur ook ’n video oor die gietproses sodra jy kontak maak.